Dankie, Lottoland!
Op 30 & 31 Maart 2022 het die kyknet Dankie, Lottoland! TV-span Brave Heart Huis besoek en vir twee volle dae lank alles in en om die huis gefotografeer.
Die opgewondenheid was groot met al die kameras en mikrofone en mense. Gawe mense!
Die Dankie, Lottoland! span het vir ons baie speelgoed, apparate, ‘n splinternuwe trampolien, stoof, tuimeldroër en vele meer gebring. Wat ‘n wonderlike verrassing.
En hulle het ook R100 000,00 geskenk sodat ons die huis se houtvloere kon herstel.
Dankie aan die Dankie, Lottoland! span. Julle het ons verras en bo verwagting geseën.
