Above: Wellington family with their extended family.
Ons is gedurende 2022 deur twee aannemingsessies vir vier van ons kinders. Die kindertjies was reeds geruime tyd by ons en dit was hulle beurt om deel te word van liefdevolle families.
‘n Boetie en sussie is aangeneem deur ‘n pragtige egpaar van Finland. Afrikaans is definitief nie meer deel van hulle woordeskat nie. Maar watter taal hulle ookal praat, hulle hartjies is gelukkig.
Ons oulike tweeling is aangeneem deur ‘n wonderlike familie van Wellington. Ons sussies het sommer drie boeties en sussies bygekry. Hulle is in die sewende hemel. Hulle is gelukkig en babbel en gesels vrolik.

Above: Finnish family with their adoptees