Bo: Deelnemers aan die talentkonsert saam met Brave Heart Huis se personeel

Wat ‘n opwindende maand was Oktober nie gewees nie. Behalwe dat dit ook die mooiste mooiste maand is.

Die sangers, dansers en rymkletsers in die gemeenskap was baie opgewonde want Brave Heart Huis het ‘n konsert gereel waar almal kon deelneem en hulle talente wys.

Ons het heerlike boerierolle verkoop. Die DJ, seremoniemeester en deelnemers was op hulle pos. En die toeskouers in die Gemeenskapsaal kon nie wag nie!

Die program het vlot verloop. Die talent was voorwaar volop.

Dankie aan almal se ondersteuning en hulp. Dit was ‘n wonderlike fondsinsamelingsprojek.

Bo: Rymkletsers in aksie