Francois Boyce besoek Brave Heart Home

Brave Heart Home het onlangs die voorreg gehad om die bekende vermaaklikheidskunstenaar, musikant en radio-omroeper Francois Boyce by die huis te verwelkom.

Sy besoek was veel meer as net deel van ’n mediatoer deur die Hexriviervallei. Francois het tyd gemaak om die kinders by Brave Heart Home te ontmoet en kosbare tyd saam met hulle deur te bring. Hy het op hulle vlak met hulle omgegaan en opregte belangstelling, warmte en vriendelikheid getoon.

Vir die kinders was dit ’n besondere ervaring om iemand soos Francois van nader te leer ken. Sulke oomblikke van persoonlike aandag en menslike verbondenheid skep herinneringe wat veel langer duur as die besoek self.

Later het Francois ook tydens sy vertoning, Die Wildtuin en Ek, sy lewenservaringe met die gehoor gedeel. Die geleentheid, wat ten bate van Brave Heart Home aangebied is, het waardevolle blootstelling vir die huis en sy werk in die gemeenskap geskep.

Ons bedank Francois vir sy besoek, sy tyd saam met die kinders en die besondere hart waarmee hy Brave Heart Home ondersteun het. Ons bedank ook Hexvallei Toerisme, die organiseerders, borge, vrywilligers en elke ondersteuner wat hierdie ervaring moontlik gemaak het.

How You Can Help

If you would like to support Brave Heart Home, there are several ways to get involved.

You can:

Make a financial donation
Get involved as a volunteer
Partner with us as a church or organisation