Brave Heart kinders uitgereik na ‘n gesin in Stofland

Gedurende Augustus 2026 het 2 personeellede en ‘n paar van ons Brave Heart kinders uitgereik na ‘n gesin in Stofland, De Doorns nadat hulle plakkershut afgebrand het.

Al hulle besittings is ook in die brand vernietig. Ons het vir die familie klere, skoene en sagte speelgoed vir vertroosting, geneem. Daar word intussen vir hulle ‘n nuwe struktuur gebou en ons vertrou dat hulle binnekort weer veilig onder hulle eie dak sal woon.

Ons het ons skoolgaande kinders saamgeneem sodat hulle ook blootgestel word aan die swaarkry en rampe van mense in ons gemeenskap. En sodat ons kinders kan deel in die vreugde wat daarin lê om te gee aan minder bevoorregtes. Hulle leer ook sodoende die waarde dat dit meer vervullend is om te gee as om te ontvang.

BHH se personeel het ’n leerbare oomblik gebruik om ons kinders op te voed oor die gevare van vuur: ‘n kers wat brand sonder toesig, om met vuurhoutjies te speel en hoe maklik ‘n brand kan ontstaan.

In hierdie proses het ons kinders geleer dat alhoewel hulle eie lewe ontwrig is daar ander mense is wat erger swaarkry kan beleef en dat ons empatie moet hê vir ons maatjies.

How You Can Help

If you would like to support Brave Heart Home, there are several ways to get involved.

You can:

Make a financial donation
Get involved as a volunteer
Partner with us as a church or organisation